DBV / SPCA Bergfietsrit Gesinsaand
Die Upington DBV bied ‘n familie-aand aan waarin mense hulself kan geniet op bergfietse en terselfdertyd voorberei vir die opkomende Cape Argus fietstoer. Die geleentheid vind plaas by Spitskop Natuurreservaat op 20 Februarie 2010 en
die opbrengs is ten bate van die Upington DBV.
Daar sal drie afstande wees wat begin om 18:00 die Saterdagaand. Die eerste is ‘n 15 kilometer rit gemik op die kinders en die “nie so fiks nie”. Die tweede roete is 30 kilometer lank en die laaste is ‘n 60 kilometer roete wat sal begin terwyl dit lig is en eindig in die donker. Alle deelnemers in hierdie kategorie moet voldoende beligting hê op hul fietse. Die reël van “no helmet, no ride” sal geld vir al die kategorieë. Dit word aanbeveel dat toeskouers opvoustoele saambring.
Prysuitdeling sal om 20:00 begin vir die eerste rit en die langer roete se uitdeling behoort teen 21:30 afgehandel te wees. Musiek word verskaf vir ‘n feestelike atmosfeer en warm skyfies en koeldranke sal verkoop word. Deelnemingsfooi is R60 per persoon, uitgesluit die Spitskop Natuurreservaat toegangsfooi van R20 vir toeskouers.
Kom geniet ‘n ontspannende aand in die natuur met vriende en familie. ‘n Kalahari sonsondergang word gratis bygegooi! Ondersteun asseblief jul DBV, die diere maak staat op julle!
INFO:079 986 3635
upingtonspca@gmail.com



Loading...
Leave your response!