Kalahari Kuierfees
Die fees het sy ontstaan gehad in 1992 as die SAD Rosyntjiefees. Die fees is in sy totaliteit op die Eiland vakansie-oord aangebied. Reg van die begin was dit ‘n reuse sukses met wye media blootstelling. In 2000 is die fees oorhandig aan die Noord-Kaap se mense. Dit het ‘n artikel 21 maatskappy geword met die nuwe naam, Kalahari Kuierfees. Die fees het uitgebrei ook na ander venues wat nou die kunste in die vorm van teater insluit.
Vandag trek die fees, wat oor vier dae loop, meer as 30 000 feesgangers en 170 uitstallers. Op die hooffeesterrein – die Eiland, alles op gras reg langs die Oranjerivier – sien feesgangers teen ‘n bekostigbare toegangsfooi tientalle van Suid-Afrika se top kunstenaars (sang sowel as sirkus).
Die kunstenaars tree deurlopend op in reuse tente – die kuiertent. In die kuiertent is ‘n konsentrasie gekeurde voedsel en wyn stalletjies wat ‘n baie ontspanne kuieratmosfeer skep. Elders op die terrein sal jy kry, nog voedsel- en vlooimarkstalletjies, die kultuurstat, kindertent, pretpark, vermaak, buskers en sport. Die sport wat veral op die Saterdag plaasvind, sluit in: fietsry, half-marathon, pretstap, sterkmankompetisie, vlugbal, toutrek, swem en ander watersporte.
In die dorp skop die fees af met ‘n reuse straatkarnaval. Daar’s twee teaters waar ‘n keur van die jaar se produksies op die planke kom. Ook ‘n vryteaters vrolik die dropspleine op. Ry op ‘n donkiekar taxi of ‘n rivierark. Die fees word afgesluit met ‘n skouspelagtige vuurwerkevertoning oor die Oranjerivier.
Kontakt: Tel: +27 (0)54 332-1100
Please Note: Dates for this event to be confirmed.


Loading...
It might be a good idea to hold the Kalahari Kuierfees in the Olyvenhoutsdrift Farm before the ESKOM CSP Project is built there very soon it seems.
Leave your response!