Angus Buchan – baie belangrik
Mnr. Angus Buchan aan die woord tydens Saterdag se byeenkoms in Vanderbijlpark.
Die Angus Buchan-fenomeen het Saterdag in Vanderbijlpark voortgerol toe duisende mense na die Isak Steyl-stadion gestroom het om na die evangelis-boer van Greytown te luister.
Van Buchan het hulle ‘n eenvoudige vraag gekry: glo julle dat die Seun van God lewe of dat hy dood is?
Hy het ook uit die Bybel gewaarsku dat daar mense is wat met die mond sê dat Jesus lewe, maar dat hul optrede dit verraai.
Hy het vir die skare vertel hoedat Jesus vir Maria Magdalena, ” ‘n gewone prostituut” ‘n tweede kans gegee het en gesê Hy wil dit vir hulle ook doen.
“My God is ‘n vriend van sondaars,” het hy gesê. Hy het sy geliefkoosde uitspraak herhaal dat dit nie goeie mense is wat hemel toe gaan nie,maar gelowiges..
Wat die situasie in die land betref, het Buchan gesê daar is mense wat berou moet toon omdat hulle so negatief oor die situasie in Suid-Afrika praat.
Hy het gesê die toekoms is in God se hande en voorspel dat daar ‘n omekeer in die land gaan kom.
Vir voornemende emigrante het hy gesê as God vir hulle sê om Australië toe te gaan, moet hulle dit doen.
As Hy dit nie vir hulle gesê het nie, moet hulle versigtig wees. Hulle gaan hul probleme met hulle saamneem daarheen.
Hy wou weet of enigeen al ‘n boodskap van God gekry het dat Suid-Afrika ten gronde gaan.
Hy het oor die skare voor hom uitgekyk, maar niemand het hand opgesteek nie.
Buchan het gesê Jesus lewe en Hy is in Suid-Afrika. “Ons is in herlewing!” het hy uitgeroep.
“Jesus Christus lewe! Hulle praat van Hom oor sekulêre TV. Hulle praat van Hom oor sekulêre radio. Hulle skryf van Hom in sekulêre koerante. Hy is die onderwerp van die dag!”
Hy het God as ‘n “wonderwerkende God” bestempel en gesê as dit nie so was nie, sou hy nie daar gestaan het nie. Mnr. Johan Bisschoff van Vereeniging het gesê die Afrikanervolk en die hele land is op soek na iets positiefs. Dit klink vir hom of dié saamtrek die regte plek is om daarna te kom soek.
Christene wêreldwyd bid saam.
Mnr. Angus Buchan en Christene van regoor die wêreld het gister deelgeneem aan die wêreldwye dag van gebed. Uit meer as 200 lande en gebiede het groepe gelowiges geregistreer om deel te neem en in Suid-Afrika alleen het meer as 460 dorpe, stede en voorstede geregistreer.
Dit het gewissel van plekkies soos Oviston in die Oos-Kaap en Kwaggafontein in Mpumalanga , tot talle voorstede en townships aan die Rand en in en om Pretoria
Met die strategie om plaaslik bymekaar te kom, maar globaal te bid, word dié dag nie meer gekenmerk deur groot stadion byeenkomste soos vroeër nie.
Die teksvers wat as inspirasie vir die dag dien, is 2 Kronieke 4:17 As God se mense hulself verootmoedig en bid en afsien van hul sonde, sal Hy hulle vergewe en hul land genees. – Neels Jackson
GEBEDSAKSIE (DIT SAL NET 10 SEKONDES NEEM)
Begin met n gebeds aksie vir ons land.
Ons doen dit soos volg:
Wanneer jy hierdie e-pos ontvang, bid sommer daar waar jy nou sit.
Nadat jy gebid het, dan stuur jy hierdie e-pos aan.
BID SAAM :
Hemelse Vader ons bid vir berou en bekering.
Vader ons bid vir vergifnis van ons sonde.
Ons bid dat U die mense se geestelike oë en ore sal oopmaak.
Ons bid dat U die mense in Suid-Afrika genadig sal wees en sal
seën.
Ons DANK U vir reën wat reeds geval het en bid
dat U genoeg reën sal stuur na plekke wat smag daarna.
Ook dat U alle onskuldige Suid-Afrikaners sal beskerm teen al die
geweld.
En dat daar ‘n positiewe verandering in Suid- Afrika sal plaasvind.
Ons bid Vader dat U Suid-Afrikaners sal leer deur U heilige Gees om lewe te spreek en nie dood nie Dat hulle sal besef in die mag van die tong is lewe of dood
En S uid-A frika kies lewe
Ons bid dit in die Naam van JESUS Amen


Loading...

WAT SE DIE KERK
Die Ware Sabbat Dag
(Hierdie webwerf het niks te doen met Sewendedag adventiste of die Jehovah getuies nie)
Ek het al meer as een bewyse gekry wat getuig dat
die Ware Sabbat Dag nie ‘n Sondag is nie. Ek is op die ouderdom van 3 maande gedoop in die NG Kerk. Ek behoort tot en met vandag toe ook aan die NG Kerk. Ek het sondagskool toe gegaan, en is aangeneem en voorgestel en het in die huwelik getree in die NG Kerk.
Vir meer as 20 jaar was ek ‘n lidmaat van ‘n kerk gewees
en het ek al die jare, op ‘n Sondag kerk toe gegaan.
Maar vandat ABBA JAHWEH (God) met my begin praat het, deur middel van stukkies in die bybel waar ek oopgemaak het en deur ekstra bronne, het ek al hoe meer begin besef dat die satan eendag nog die Sondag gaan gebruik as sy dag van aanbidding.
Dit gaan dan ook tydens die Groot Verdrukking gebeur.
Die Vader maak nou aan ons bekend dat HY wil hê dat ons tydens die Groot Verdrukking HOM moet aanbid, loof en prys op SY Ware Sabbat Dag.
1) Aanhalings uit die bybel oor die Sabbatdag
2) Aanhalings uit die bybel oor die Sabbat wat geëer moet word.
3) AlmightyWind profesie 85
4) AlmightyWind profesie 75
5) AlmightyWind profesie 79
6) ‘n Gedeelte van die webwerf “Lewende kerk van God”.
________________________________________
Die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) het my gelei na die volgende stukkies in die bybel, wat handel oor die ware Sabbatdag. Hier is aanhalings uit die bybel (Nuwe Vertaling) wat sê dat die Sabbatdag die dag voor Sondag is.
Markus 15:42
Dit was Vrydag, dit is die dag voor die sabbatdag, en dit was al die middag laat.
Markus 16:1-3
1 Toe die sabbatdag verby was, het Maria Magdalena en Maria die ma van Jakobus, en Salome reukolie gekoop om die liggaam daarmee te gaan balsem.
2 Die Sondagmore baie vroeg kom hulle by die graf aan net toe die son opkom.
3 Hulle vra toe vir mekaar: “Wie sal vir ons die klip voor die ingang van die graf wegrol?”
Lukas 23:54
Dit was Vrydag, en die sabbat het al begin aanbreek.
Lukas 23:56
Daarna het hulle huis toe gegaan en reukolie en salf reggemaak.
Op die sabbatdag het hulle gerus, soos die gebod bepaal.
Lukas 24:1
Die Sondagmore baie vroeg het die vroue na die graf toe gegaan met die reukolie wat hulle reggemaak het.
Markus 2:27-28
27 Jesus het verder vir hulle gesê: “Die sabbatdag is vir die mens gemaak en nie
die mens vir die sabbatdag nie.
28 Daarom is die Seun van die mens Here ook oor die sabbat.”
________________________________________
Aanhalings uit die bybel oor die Sabbat wat geëer moet word.
Jesaja 58:13-14
13 As jy jou voet terughou van die sabbat—om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat ‘n verlustiging noem en die heilige dag van die HERE hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie;
14 dan sal jy jou verlustig in die HERE, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van die HERE het dit gespreek.
Jesaja 56:2
Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou; wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie.
________________________________________
Gedeelte van ‘n profesie gegee aan Elisabeth Elijah Nikomia
Die volgende is ‘n uittreksel vanuit profesie 85 (AlmightyWind Webwerf)
Volledige Profesie 85
Die wat MY Sabbat dag eerbiedig, die wat aan MY “Torah” (Hebreeuse leerstelling) gehoorsaam is, die wat JAHSHUA aanbid, EK sal julle beantwoord, EK sal julle bevry. Die wat hierdie Ministerie liefgehad het, omdat net MY woorde voortgespreek is, EK sal jou beantwoord, EK sal jou bevry, as julle maar net gehoorsaam wil wees. As julle agterbly omdat julle sê, “O, maar my man is nie gered nie,” as julle agterbly en sê, “O, maar my vrou is nie gered nie,” as julle agterbly en sê, “O, maar my kinders is nie gered nie”…moet EK julle nog herinner wat het met Lot se vrou gebeur het? En so sal dit weer wees!
________________________________________
Gedeelte van ‘n profesie gegee aan Elisabeth Elijah Nikomia, gespreek deur ons Hemelse Vader op 27 Augustus 2004
Die volgende is ‘n uittreksel vanuit profesie 75 (AlmightyWind Webwerf)
Volledige Profesie 75
JAHSHUA het nie gepreek in die Tempels, op Sondae nie. Die met Geestelike ore, luister. Al die ander bly doof. Die Sabbat is ewigdurend en sal vir ewig staan, omdat EK, JAHWEH die aarde in ses dae gemaak het, en op die sewende dag het EK, JAHWEH gerus en die mensdom beveel om dieselfde te doen.
MY SEUN JAHSHUA het die SABBAT HEILIG GEHOU en HY word die HERE VAN DIE SABBAT GENOEM. HY is ‘n voorbeeld van hoe om die Sabbat Heilig te hou. MY GELIEFDE SEUN JAHSHUA was gemartel en gekruisig, met woorde wat vasgespyker was bokant sy kop, wat geen duiwel of mens kon wegvat nie, en JAHSHUA het doodgegaan en opgestaan op Hebreeuse grond, vanuit ‘n Hebreeuse Graf.
Nadat al die dinge gesê is, en Bewys is dat JAHSHUA ‘N JOODSE OPGERYSDE MESSIAS IS, moet dan nie die weë van die Heidene volg nie, en moet ook nie die heidense feeste hou wat JAHSHUA nie gehou het nie. As dit nie in die Heilige Skrifte is nie, hoekom maak julle MY, JAHWEH kwaad, en voeg by MY woorde by, en leer dat die Heidense dae geëer moet word, en vermy die dae wat EK, JAHWEH besluit het is HEILIG, en moet herinner word soos in die tye van OUDS?
Julle nooi MY na julle mensgemaakte vakansiedae, hoekom sê julle, dat julle JAHWEH en JAHSHUA volg, dien, aanbid en gehoorsaam, as julle steeds verskonings maak dat dit slegs vir die Hebreeuse mense is? Is julle nie Hebreeus, deur DIE BLOED VAN MY SEUN JAHSHUA BY GOLGOTA TE AANVAAR, WAAR HY ALLEEN DIE BLOED OFFER VIR JULLE SONDES GEWORD HET NIE?
GLO JULLE NIE DAT HY NOU BINNE IN JULLE LEWE DEUR DIE RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) NIE? Om regtig MY Seun JAHSHUA te Ken, moet julle die Joodsheid van julle Opgerysde Messias leer Ken. Hoekom dring julle daarop aan om JAHSHUA, JESUS CHRISTUS te noem, as wat julle HOM eerder op SY Hebreeuse naam JAHSHUA noem, dit is ‘n konstante herinnering aan Satan dat JAH sal red!
Hoekom dring julle daarop aan om die skrifte in die Bybel te verdraai, om verskonings te maak hoekom julle nie die Ware Sabbat Dag Heilig hou en Eer voor MY, JAHWEH nie?
Is dit regtig so erg om die tyd, Vrydag Sononder tot Saterdag Sononder, eenkant te sit en waar te neem dat dit die WARE SABBAT DAG IS, EN DIT HEILIG TE HOU? As jy nie van beter weet nie, dan het jy ‘n verskoning, maar nadat jy die waarheid weet, en jy dit nie jou laat vrystel nie, en jy sê, dat jy nie gebind is onder die wette van ouds nie, watter ander gebooie wil julle hê moet EK uitgooi, omdat dit julle nie pas nie?
Net omdat ander dalk nie verstaan nie…as jy na ‘n Sondag kerk gaan en nie daar is om die Pastoor of die gemeente te laat verstaan dat hulle verkeerd is, om nie die Joodsheid van die Opgerysde Messias te leer nie, dan noem EK, JAHWEH, jou ‘n lafaard en JY WORD DAN VERANTWOORDELIK GEHOU!
________________________________________
Gedeelte van ‘n profesie gegee aan Elisabeth Elijah Nikomia, gespreek deur ons Hemelse Vader op 1 Augustus 2005
Die volgende is ‘n uittreksel vanuit profesie 79 (AlmightyWind Webwerf)
Volledige Profesie 79
Moenie luister na dit wat ander preek nie. Hier binne lê die oorwinning. Dit is geskryf in MY Heilige Woord dat EK, JAHWEH, nie kan leuens vertel nie. As julle aan MY gehoorsaam is, sal daar seëninge en oorwinning wees, soos wat dit in Deutoronomium 28 vertel word.
Daar is vervloekings vir die wat ongehoorsaam is. Lees en studeer wat geskryf is in Exodus 31:12-17. Die ware Sabbat sal die teken wees tussen MY, JAHWEH, en MY mense, en dit sal gebruik word om die te identifiseer wat waarlik aanbid en MY gaan dien tydens die Groot Verdrukking. Sal julle MY, JAHWEH en JAHSHUA, aanbid op die ware Sabbat, Vrydag Sononder tot Saterdag Sononder? Of gaan julle tydens die Groot Verdrukking die Seun van Satan aanbid en dien op ‘n Sondag?
As julle nie nou al MY Sabbat Dag Heilig hou nie, wat laat julle dink dat julle dit sal doen tydens die Groot Verdrukking wat net ‘n asemhaling ver is. Dit is hoekom EK nou deur hierdie Diensmaagd van MY praat, wie beveel is om ‘n profeet te wees aan die nasies, sodat hierdie waarskuwing regoor die wêreld sal lui. Weet julle nie dat die, wat leer dat dit onmoontlik is om gehoorsaam te wees en heilig vir MY te wees, verskonings maak vir hulle eie sondes nie?
EK JAHWEH SÊ, “MENSE, JULLE MIS DIE PUNT!”
Dit is nie oop vir bespreking nie. Of julle doen wat EK, JAHWEH sê, of julle siele sal betaal in die Groot Verdrukking. Die wat opgerys het en gesê het, “Ek sal Elisabeth se regter wees, ek sal Elisabeth se jurie wees”…berou nou of julle sal voor MY moet verskyn, en EK sal sê, “Gaan weg van MY, jou werker van onregverdigheid”, EK is JAHWEH, en EK neem nie deel in enige debatte nie. EK alleen IS die regter, EK alleen IS die jurie. EK alleen IS skeidsregter!
Dit is nie Elisabeth se woorde nie. Julle predikers en valse profete val haar aan, julle belaster haar vir die “Torah” wat EK met MY eie vinger geskryf het. Julle leer MY skape en MY lammers dat EK knik met sonde. BEROU vandag, omdat EK nie ‘n JAHWEH is wat verander het nie. Julle wie regter speel oor haar, haal eers die balk uit jou eie oog uit, voordat julle die spikkel uit iemand anders se oog uit haal.
________________________________________
‘n Gedeelte van die webwerf “Lewende kerk van God”.
Hierdie uittreksel bespreek ook watter dag die Ware Sabbat dag is.
Sien die “Gratis boekies webbladsy”.
Kyk na die boekie, “Watter Dag is die Christelike Sabbat?”
Het u die geloof en die moed om te doen wat God uitdruklik beveel – ongeag wat ander dink? Goed. Laat ons begin met duidelike, onomstootlike BEWYSE oor die ware Sabbat van die Almagtige God. Kom ons veronderstel dat u u soeke na die ware Sabbat op die spreekwoordelike verlate eiland begin. Dat die enigste geskrewe materiaal wat u kon red toe u skipbreuk gely het, die Bybel en ’n kalender was. Indien u u soektog begin met ’n oop, nugter gemoed, en u het miskien selfs die dag wat u voorheen onderhou het, vergeet, watter dag sou u MOES onderhou ná so ’n objektiewe studie?
“Sondag”, sê u?
“Nooit!”
WAAROM nie?
Omdat die Bybel nooit enigiemand beveel om Sondag te onderhou as ’n weeklikse dag van aanbidding nie! Inteendeel, die Bybel leer ons om op daardie dag te werk. Trouens, vanaf Genesis tot Openbaring wys die Bybel duidelik dat, in plaas van die eerste dag – Sondag – dit die sewende-dag Sab¬bat is (van Vrydag sononder tot Saterdag son¬onder) wat deur al God se getroue dienaars onder¬hou is in beide die Ou én die Nuwe Testamente. Hierdie selfde sewende-dag Sabbat sal deur Christene gehou word gedurende die toekomstige 1,000-jarige heerskappy van Christus hier op aarde! (Sien Op. 20:4-6).
Let op wat Jesus Christus leer in Markus 2:23-28.
Jesus laat Sy dissipels toe om are te pluk om te eet terwyl hulle op die Sabbat deur die gesaaides loop. Hieroor roep die Fariseërs Hom tot verantwoording, want hulle het meer as 60 wettiese “moets en moenies” by die Sabbatgebod gevoeg – alles hulle eie menslike versinsels. Maar Jesus antwoord hulle:
“Die Sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die Sabbat nie. Daarom is die Seun van die mens, ook die Here van die Sabbat” (verse 27-28).
Christus sê nie dat die Sabbat vir die Jode gemaak is nie – maar vir “die mens”. Hy sê die Sabbat (nie Sondag nie) is die dag waarvan Hy die Here is. Jesus gee nie die geringste aanduiding dat die Sabbatgebod afgeskaf gaan word nie. Inteendeel, Hy leer ons hier, en in die verse wat volg, hoe om die Sabbat op ’n meer sinvolle manier te onderhou.
Jesus sê dat die Sabbat “gemaak is vir die mens” – vir hom om te onderhou – LANK VOORDAT die Joodse volk ooit bestaan het.
DISCLAIMER
– This message has been checked by ESVA and is believed to be clean.
Leave your response!