CLEAR AFRIKAANS!!!
‘N Vieslike oom stap by ABSA in en skree op die vrou agter die toonbank: ‘Ek wil ‘n ƒ@kken rekening oopmaak!’ Geskok antwoord die vrou terug: ‘Verskoon tog meneer, ek dink nie ek het u mooi gehoor nie. Wat het u gesê?’
‘Luister hier jou dom ƒ@kken koei!’ skree hy weer, ‘Ek het gesê ek wil ‘n ƒ@kken cheque rekening oopmaak!!!’
‘Ek is jammer meneer, maar sulke taalgebruik is absoluut onaanvaarbaar en onnodig in hierdie bank.’, sê die vrou en stap in trane na haar bankbestuurder toe om die situasie aan hom te verduidelik.
Die bankbestuurder is geskok en verseker haar dat sulke gedrag nie geduld kan word nie.
Saam stap hulle terug na haar tellervenster en die bankbestuurder vra die vuilgat wat sy probleem is.
‘Daar is nie ‘n ƒ@kken probleem nie!’ ,skree die omie weer ‘ek Het so pas 27 ƒ@kken miljoen rand in die Lotto gewen!’
‘Ek sien’, Sê die bestuurder, ‘en hierdie ƒ@kken teef is besig om jou rond te ƒok, nê!


Loading...

Leave your response!