Boer soek 'n Vrou 2
Boer soek ‘n vrou se nuwe reeks begin binnekort op kykNET. Die vorige reeks was baie goed ontvang deur die Suid Afrikaanse publiek want daar is darm niks beter as om ons eie mense op TV te sien nie.
Die vraag is egter wie is Pieter R? Hy is van Upington en een van die nuwe reeks se finaliste. Ek het bietjie rondgeval op MNet se webwerf maar kon nie veel uitvind nie. Al wat ek kon vind was ‘n paar videos en wie hulle is. Die webwerf is baie stadig so moenie te veel verwag nie. Hier is die “link” na Pieter R.
Meer inligting oor die 10 finaliste :
Zara (38)
Zara het al die wêreld deurkruis en as ‘n sjef op die Rovos Rail (die mees luuksueuse trein ter wêreld) en in Europa gewerk. Dit was egter in die Bosveld waar sy ‘n vastrapplek gekry het as suksesvolle beesteler. Tans bedryf Zaza ‘n onderneming met perdry-safari’s op ‘n wildplaas van sowat 11 000 ha naby Maguda (Pongola).
Ludwig (36)
‘n Vrou wat lief is vir die buitelewe en diere is doodreg vir Ludwig. Dié boer van Ficksburg is gek na perde en uithouritte. Die Arabierperde waarmee hy grootgeword het en wat hy teel, is soos kinders vir hom. Ludwig bedryf ‘n gemengde boerdery met onder meer mielies, sonneblomme, koring, skape en beeste.
Reyno (28)
Reyno het op Worcester in die Boland grootgeword en boer nou met tafeldruiwe op Klein Pella naby Pofadder. Hy is absoluut passievol oor die boerdery en grond. Ná sy B.Agric-studie op Stellenbosch, het hy op Klein Pella begin werk. Dit is ‘n afgesonderde wêreld en ver van vroue af.
Attie (30)
Uit Britstown laat Attie weet: Hy soek ‘n optimistiese maat wat die klein dingetjies in die lewe kan waardeer. Attie het ná skool in Australië gaan werk. Hy is lief vir sport, lees, jag, reis, kampeer en kuier saam met vriende.
JP (28)
JP, ‘n saaiboer van Viljoenskroon, het ná skool op ‘n saaiplaas in Amerika gaan werk. Hy het ook twee jaar lank Johannesburg se liggies ervaar toe hy daar as ‘n handelaar op die graanbeurs Safex gewerk het. Dit het hom waardevolle lesse oor die mark en bemarking geleer. Terug op die plaas hou hy van ‘n potjie gholf, fliek en watersport.
Pieter H (44)
Pieter H besit sy eie wynplaas,Akkerdal, naby Franschhoek. Op Akkerdal is daar ‘n boetiek-wynkelder en ‘n gastehuis. Die vrou wat hier gaan tuiskom, moet dus lief wees vir onthaal. Hy is lief vir bergfiets ry, draf, die gimnasium, watersport en die strandlewe.
Pieter R (26)
Pieter R, ‘n tafeldruiweboer van Upington, soek ‘n “mense-mens” met ‘n mooi glimlag. Die vrou wat sy voete onder hom gaan uitslaan, moet lief wees vir kuier en onthaal. Hy is lief vir kuier saam met sy vriende en dien ook in die bestuur van die Kalahari-kuierfees.
Johann (29)
Johann soek ‘n pel. Volgens hom is sy droomvrou ‘n natuurlike, fyn en sagte meisie. Hy bedryf ‘n gemengde boerdery naby Standerton en is baie betrokke by landbou-organisasies. Johann is voorsitter van die Hoëveld-Limousinklub en ondervoorsitter van die skougenootskap.
Flip (54)
Flip het eers onlangs begin boer op sy vrugteplaas in die Uniondaleomgewing. Hy het voorheen ‘n motorwerkwinkel besit en was ook in die lugmag. Hy is al 15 jaar lank geskei en het twee seuns. Een van hulle is egter in 2007 in ‘n motorongeluk oorlede. Volgens Flip het sy ideale vrou ‘n stil, vriendelike geaardheid.
Franz (25)
Franz het ‘n gemengde boerdery naby Dealesville. Hy soek ‘n oulike en eerlike meisie wat van hom ‘n beter mens kan maak. Sy moet baie van die plaaslewe hou, weet waar geld vandaan kom en in moeilike tye kan vasbyt.
Indien u meer weet omtrent Pieter R of enige skinder nuus wil byvoeg, los asb. ‘n “Comment”
U hoef nie u naam by te sit nie!


Pieter R se van is Roos! Baie nice ou!
Is dit nie Pieter Roos, wat destyds by Web Ateljee gewerk het nie? Hy het my sissie se trou fotos geneem. Hy is so bietjie aan die verfynde kant, maar tog te oulik!
Pieter R het my vriendin se troufotos geneem. Niemand wat die troue bygewoon het was baie beindruk met hom nie. Wat kan ek sê…
Hi kan enige iemand my dalk help ek wil weet wat Franz se van is?
Leave your response!
Events »
GIOVANNI VAN SUPERSTERRE 3
[ July 31, 2010; 12:00 am to 7:00 pm. 12:00 am to 7:00 pm. 12:00 am to 7:00 pm. ] Kalahari Bruidskou Upington aangebied deur Linx Graphics bring die opwindende Giovanni van Supersterre 3 na Upington.
Giovanni tree op 31 Julie 2010 in Duineveld se Suidsaal, ter afsluiting van die Kalahari Bruidskou 2010.
Gedurende die vertoning sal van Upington se modeontwerpers hul beste werk wys.
Gaste word tussen 18:30 en 19:00 verwelkom met ‘n glasie sjerrie of port by [...]
Jokes »
Seven Kinds Of Sex
The 1st kind of sex is called … Smurf Sex.
This kind of sex happens when you first meet someone and you both have sex until you are blue in the face.
The 2nd kind of sex is called … Kitchen Sex.
This is when you have been with your partner for a short time and you are so needy you [...]
News »
ANC planning Zimbabwe style land invasions after World Cup
Zimbabwean War Veterans and Robert Mugabe's thugs forcing a white commercial farmer off his property
HARARE – South Africa’s ruling party ANC is planning Zimbabwean style land invasions after the FIFA 2010 World Cup, amid reports Zimbabwe’s Zanu PF and War Veterans Association will provide crucial support for the programme, sources in Zimbabwe said [...]
Other »
Men Suffer More in Crappy Relationships Than Women Do
When me or one of my girlfriends are having a hard time with our special naked friend, we talk, we cry, and we go out for cocktails and bitch. Maybe we schedule an emergency therapy visit, and probably eat an ill-advised candy bar or wedge of stinky cheese. In short, we deal. And while the [...]
Personal »
What Happens When You Deactivate Your Facebook Account
Facebook is a big part of millions and millions of peoples’ lives, but what happens when you pull the plug? Last night I met a man who walked to the edge of the cliff and nearly deactivated his Facebook account. He took a screenshot of what he saw after clicking the “deactivate my account” link [...]
Review »
Die Antwoord – Taking Over The Interweb
What on earth went wrong with our country? Or maybe I should ask what went wrong with the people. First we heard of Jack Parow which was slightly entertaining but now we have “Die Antwoord” which is just plain common. “Die Antwoord” is doing very well oversees and took the word by storm. Lister to the music video and tell [...]
Talent »
Walter Meyer
Walter Meyer from Upington is a very talented oil painter who has made it big in the art world and I feel kind of left out that I didn’t know he is from Upington. I recently did a website for him (work in progress) and just had to share his talent with you. I have [...]
World »
Stand Up For Him
Do You Believe This???
A girl went to her friends house and she ended up staying longer than planned, and had to walk home alone.
She wasn’t afraid because it was a small COMMUNITY and she lived only a few blocks away.
As she walked along under the bike trail
Diane asked God to keep her safe from harm and danger.
When [...]
Visitors Online
There are 9 visitors online
Best Businesses in Upington
Upington Weather
Friday, Jul 30

Fair
Currently: 18˚C
Feels Like: 18˚ C
Hi: 28˚, Lo: 7˚
weather feed courtesy of weather.com - thanks!
Get News by Email
Upington Event Calendar
Random Posts
Latest Video Post
Upcoming Events
Most Commented
Recent Comments
Tags